imgOns huisie by die see!
imgLeefstyl Landgoed
imgJóú toevlugsoord vir sagte sorg
imgOns stukkie hemel op aarde

’n Keur leefstyl-landgoed vir vyftigplussers op Onrusrivier

Skaars vyf minute van Hermanus lê Onrusrivier, ’n klein juweel met ’n veilige strandmeer, pragtige uitsigte en ’n rykdom voëllewe.

Met fynbos in jou voortuin en kusvoëltjies op jou stoep, is Negester Onrusrivier die volmaakte rusplek vir diegene wat lank hard gewerk het en uitsien na ’n rustige lewe met aangename geselskap net om die draai.

Dié bekoorlike leefstyl-landgoed kombineer die aanloklike eienskappe van outydse stoepe, gesellige lae mure, boomryke strate, landskapstuine met wandelpaadjies en natuurlik die treffende natuurskoon in die vorm van die see, die strandmeer en die berge as agtergrond. Die wooneenhede van Negester Onrusrivier bied ’n verskeidenheid argitektoniese style om van te kies en keur.

Daar is byvoorbeeld die gedeelte met die fasades van Kaapstad se Lang-, Plein-, Breë- en Langmarkstraat of Stellenbosch se Dorpstraat. ’n Ander deel spog met ’n moderne plaashuisstyl. Derdens is daar ook eenhede in ’n kenmerkende Kaaps-Maleise styl. ’n Sitkamer met dameskroeg, biblioteek en eetkamer vorm deel van die klubhuisfasiliteite.

Saans word die landgoed in ’n magiese landskap omtower met sy slim geplaasde straatlampe wat ’n gedempte gloei afgee. Uit die hoofstraat spruit daar doodloopstraatjies wat toegang bied tot wandelgange, terwyl pergolas teenaan die landskapstuine die hoofstraat omring. Hier skep vrugteboorde, plaastuine en wandelpaadjies ’n eg Kaapse landelike atmosfeer.

Sekuriteit was ’n hoofoorweging by die ontwerp van Negester Onrusrivier. ’n Geëlektrifiseerde sekuriteitsmuur, beheerde ingang met interkomverbindings en 24/7 bemande waakfasiliteit verseker volkome gemoedsrus.