Kontak ons by: 011 919 9000

Met Vaalbos in jou tuin en bospatrys op jou voorstoep, is Negester Landgoed ʼn uitsoekplek vir diegene wat jare lank hard gewerk het en ʼn rustiger lewe in die vooruitsig stel.

In die klowe van die Waterberge, net duskant ATKV-Klein-Kariba, is erwe uitgelê wat ʼn uitstekende beleggingsgeleentheid vir oud en jonk bied. Alhoewel daar geen ouderdomsbeperking op eienaarskap is nie, mag slegs vyftigplussers daar woon. (Wie het gesê dat ouderdom nie voordele inhou nie?) Koop om te verhuur is ook een van die moontlikhede. Met ATKV-Klein-Kariba net om die draai, is dit vir die hele familie moontlik om gedurende vakansietye in die Bosveld saam te trek.

By Negester word ʼn gesonde leefstyl aangemoedig met die beste sportfasiliteite en aktiwiteite beskikbaar. Daar is ook ʼn uitstekende mediese dienssentrum en ʼn sorgeenheid vir verswaktes. Indien gespesialiseerde mediese dienste benodig word, is Negester slegs ʼn klipgooi van Pretoria af.


Die natuurlike eienskappe van die bosveldterrein (topografie, geologie, oriëntasie, plantegroei, ens.) word erken en grootliks onversteurd gelaat. Gemeenskaplike fasiliteite is geplaas binne bereik van die hoofingang.
Lees meer

Daar is vier basiese groottes woningtipes ontwerp, elkeen met ʼn paar opsies binne die bepaalde grootte – met ʼn totaal van elf ontwerpe om van te kies.
Lees meer

Verskeie gemeenskaplike fasiliteite word beplan om in die sosiale, sport-, mediesediens-,veiligheids- en inkopiebehoeftes van inwoners te voorsien.
Lees meer