Wie Is Ons


Skyn Helder!

Dit is Negester se visie om te fokus op die ontwikkeling en bestuur van keur, volhoubare en beveiligde leefstyl-landgoed waar die totale menswees van die vyftigplusser-groep gekoester word.

Missie en Waardes

Om leefstyl-landgoed te skep wat welbekend is vir innoverende produkte met toegevoegde waarde vir die vyftigplusser-groep, waar:

  • Omgewings geskep en gebied word vir mense wat met gemoedsrus kan afskaal;
  • Lewenstyl-gerigte fasiliteite aangebied word sodat inwoners ʼn aktiewe lewe kan lei;
  • Inwoners sinvolle omgewingsbydraes – sosiaal en ekologies – kan lewer;
  • Tuisversorging as ʼn standaarddiens vir inwoners aangebied word;
  • Moderne en goedtoegeruste sorgsentrums beskikbaar gestel word om aan inwoners se mediese behoeftes te voldoen;
  • Verantwoordelike korporatiewe burgerskap en bestuur nagestreef word;
  • Verantwoordelik met natuurlike hulpbronne omgegaan word;
  • Groenelemente, herwinning, waterslimpraktyke, besparing van elektrisiteit en benutting van gryswater, as ʼn belangrike onderbou van die leefstyl-landgoed se argitektuur en ontwerpe ontwikkel en bestuur sal word; en
  • Optimale opbrengs op belegging vir eienaars, ontwikkelaars, vennote, en beleggers sal realiseer.

Waar kom die naam "Negester" vandaan?

Die naam ‘Negester’ is afkomstig van die bekende skrywer en digter, D.J. Opperman, se gedig, "Negester en stedelig". Hierdie gedig het ook as inspirasie vir die ontwikkeling van die Negester-handelsmerk en slagspreuk gedien.

Opperman dig, “Watter kaart of watter ster sal ek jou wys om veilig deur die grysland heen te reis? [...] Voorlopig dan, maar onthou altyd aan jou dade grens ’n ewigheid.” En by Negester, besef ons soos Opperman, dat ons dade ʼn rimpelingseffek op mens, dier en omgewing het ... daarom ons strewe om as ʼn verantwoordbare korporatiewe burger, leefstyl-landgoed vir die vyftigplussergroep, op ʼn volhoubare basis te ontwikkel en bestuur.

"... en mag die Suiderkruis en Negesterre witter as die stedeligte in jou siel bly skitter"

Kontak Ons | Get In Touch

 


Bemarkings Navrae | Marketing Enquiries:
011-919-9000

ATKV

ATKV as ontwikkelingsvennoot

Keur, volhoubare en beveiligde
leefstyl-landgoed vir vyftigplussers