Met ons 50 wooneenheidsorgsentrum, wat op 1 Desember 2014 by Negester Onrusrivier geopen is, nooi Negester en die ATKV jou uit om aansoek te doen vir een van die volgende drie sorgpakkette (wat ook gemeenskaplike voordele van 'n stylvolle dameskroeg, sitkamer met kaggel, leeshoekie en haarsalon insluit):

Basiese Sorg: R8 200pm*
Pakket sluit in: Huur van moderne en suite-woonstel met kombuisie ("kitchenette"), primêre gesondheidsorgdiens, weeklikse skoonmaak- en wasserydiens, 30 voedsame driegangmaaltye, DStv-koppeling, interkomskakeling met ingangshek vir die ontvangs van besoekers en 24/7-noodskakeling met verpleegsterroepstasie.

Hulpsorg: R14 100pm*
Pakket sluit in: Huur van moderne en suite-woonstel met kombuisie ("kitchenette"), primêre gesondheid- en persoonlike sorgdiens, daaglikse besoeke deur verpleeg- en sorgpersoneel, weeklikse skoonmaak- en wasserydiens, 30 voedsame driegangmaaltye, DStv-koppeling, interkomskakeling met ingangshek vir die ontvangs van besoekers en 24/7-noodskakeling met verpleegsterroepstasie.

Verswaktesorg: R17 800pm*
Pakket sluit in: Deelhuur van verswaktesorg-eenheid, primêre gesondheid- en persoonlike sorgdiens, skoonmaak- en wasserydiens, volle daaglikse etes, DStv-koppeling, mediese dokter op bystand, mediesefondsvoordele waar van toepassing, 24/7-noodskakeling met verpleegsterroepstasie en 24/7-sorg en -toesig deur gekwalifiseerde personeel.

Volledige mediese sorgdienste word deur Medwell (voorheen Elsorg) verskaf, in die sentrum sowel as tuisversorging by die eietitel-woonhuise. Medwell bied raakvat en gewaardeerde gemeenskap-, mediese ondersteunings- en verplegingsdienste aan. Hierdie dienste word by Negester Onrusrivier in die eietitel-woonhuise, sowel as in die versorgingseenhede, gelewer. Medwell is ook 'n geregistreerde verpleegagentskap wat deur een van Suid-Afrika se grootste mediese fondse gekontrakteer word om tuisversorging as 'n noodsaaklike derde komponent in 'n gekoördineerde sorgprogram aan te bied. Dit sluit versorging in sorgeenhede in. Volgens Gerhard Lombard is dit hul visie om, "holistiese gesondheid- en steundienste aan aftreeoorde te voorsien ten einde te verseker dat daar aan al die verwagtinge van ’n ten volle ontwikkelde gesondheid- en persoonlike sorgdiens vir die inwoners voldoen word."

Feedem Pitseng is ook by Negester Onrusrivier betrek vir lewering van kwaliteit spyseniering- en skoonmaakdienste, daarom kan Negester Onrusrivier ook heerlik voorbereide en bekostigbare driegang-etes vir sy inwoners en Onrusrivier se mense bied.

* Bepalings en voorwaardes geld.