Negester Onrusrivier lê skaars vyf minute van Hermanus. Dié keur leefstyl-landgoed vir vyftigplussers, fokus spesifiek op die baby boomer-generasie se eiendom- en leefstylbehoeftes. Dit is geleë in ‘n pragtige omgewing met treffende natuurskoon soos die see, die strandmeer en die Groenberge wat dit omring. Die leefstyl-landgoed integreer aanloklike ontwerpelemente soos outydse stoepe, gesellige lae mure, boomryke strate, landskapstuine en wandelpaadjies.



Kliek op foto om te vergroot