RSS

Negester Onrusrivier Nuusbrief 4 (2016)

Die jaar 2016 is nou vinnig besig om tot sy einde te snel. As ons terugkyk na 2016 was dit vir die Negester Landgoed by Onrusrivier 'n jaar vol uitdagings, suksesse en leerervaringe wat ons lank sal onthou. Baie goeie verkope het plaasgevind en die huise het opgeskiet by Suid. Wonderlik om aan te dui dat daar 'n skamele 13 erwe oor is voordat die ontwikkeling uitverkoop is. Verlede jaar in Desember was daar nog 'n hele aantal woonstelle onbewoon. Vandag is daar enkele woonstelle beskikbaar en is...
Lees meer

Negester se annus mirabilis

Koningin Elizabeth II het in haar Guildhall-toespraak op 24 November 1992, wat haar veertigste herdenking op die Britse troon was, gesê “1992 is nie ʼn jaar waarna ek met totale vergenoegdheid sal terug kyk nie. In die woorde van een van my meer simpatiekgesinde korrespondente, het dié jaar in ʼn ‘annus horribilis’ ontaard”. Wat sou die negentigjarige monarg van ʼn 2016-Suid-Afrika gesê het, gedagtig aan die Springbokke, ons ekonomie, die droogte, die gewelddadige studenteproteste en State o...
Lees meer

Negester Onrusrivier Nuusbrief 3 (2016)

Negester Onrusrivier se tweede verjaardag is om die draai en die “haasbekkie”-stadium is vinnig besig om in ‘n “volbekkie” te ontwikkel, met al hoe minder oop erwe en al hoe meer voltooide huise.  Ons inwonertotaal staan nou op  30 huisinwoners en 45 woonstelinwoners, en die gevolglike totstandkoming van elemente soos nuwe vriendskappe, komitees, ens. bring ‘n eiesoortige karakter wat saam met die koms van die lente, ‘n opwindende borreling bring. Tuine  ‘n Lys van die tipe plante en ...
Lees meer

Negester Onrusrivier Nuusbrief 2 (2016)

Negester Onrusrivier is vinnig besig om mooi vorm aan te neem met huise wat oral opskiet. Verder hardloop ons mediese sorgsentrum nou op volle kapasiteit. Die hartklop van ons landgoed is natuurlik ons inwoners – daar is reeds meer as 71 inwoners by Negester Onrusrivier (Noord/Milkwood, Suid & Sorgsentrum). Vervolgens wil ek net ʼn paar sake van belang met hierdie nuusbrief aan u deurgee. Algemene jaarvergaderings: Terugvoering Algemeen Petrus Jooste, voorsitter van Tweefonteine Ontwikk...
Lees meer

Negester se wenvennootskap met die ATKV

Bill Gates sê dat Microsoft se sukses eintlik te danke is aan vennootskappe wat hulle reg van die begin af gesmee het. By Negester stem ons hiermee saam. Ons vennootskap met die ATKV het beslis ʼn groot bydrae gelewer om te help dat beide ons Negesterre se liggies helder skyn. ATKV, jou gemoedsrus-ontwikkelingsvennoot Die afgelope drie jaar het ons vennootskap met die ATKV ʼn besliste rol gespeel om te verseker dat Negester op ʼn volhoubare grondslag kon groei en ontwikkel. Vandag is bykans 50...
Lees meer

Negester se bobaas beveiligde behuising bied beste bly- en beleggingswaarde!

Die meeste van ons is goed bekend met die toonsettings van A. de Waal en E. van Rooyen se “Daar doer in die Bosveld” en F.A. Fagan se “Ek het ʼn huisie by die see”. Nou kan jy jou Bosveld- óf huisie-by-die-see-drome bewaarheid danksy Negester se beveiligde leefstyl-landgoedere vir vyftigplussers. Ons weet ook dat dit jou ekstra gemoedsrus sal gee om te weet die ATKV is Negester se ontwikkelingsvennoot. Negester se leefstyl-landgoedere bied bobaas behuising in die Bosveld en bekoorlike blypl...
Lees meer

Negester Onrusrivier Nuusbrief 1 (2016)

Die jaar is reeds op ʼn stywe galop en wil ek graag met dié nuusbrief u weer op hoogte bring van wat alles by ons leefstyl-landgoed aan die gang is. Algemene jaarvergaderings Neem asseblief kennis dat op 20 Mei 2016 drie algemene jaarvergaderings by Negester Onrusrivier-Suid in die sorgsentrum gehou gaan word: Beheerliggaamvergadering (sorgsentrum, deeltitelskema): 09:00 tot 10:30 HEV Negester Onrusrivier-Noord: 11:00 tot 12:30 HEV Negester Onrusrivier-Suid: 13:00 tot 14:30 U sal spoed...
Lees meer

Negester Onrusrivier Nuusbrief 3 (2015)

Die jaar staan nou einde se kant toe en ek wil met ons laaste nuusbrief vir 2015 vir almal ʼn geseënde Feestyd en voorspoedige 2016 toewens. Negester se leefstyl-landgoedere skyn helder! en ons is baie dankbaar dat beide ons ontwikkelings (by Klein-Kariba en Onrusrivier) gesond is en goeie groei toon. Die ATKV en Negester is nog steeds verbind om sterk groei by sy ontwikkelings te verseker deur die Negester-handelsmerke met slim en gefokusde bemarkingskommunikasie-aksies te dryf. Ek wil u graag...
Lees meer

Negester Onrusrivier Nuusbrief 2 (2015)

Dit is vir my aangenaam om te kan noem dat sake by Negester Onrusrivier tans baie goed op dreef is en dat dinge by die sorgsentrum, na ʼn aanvanklik stadige begin, nou ook klopdisselboom verloop – daar is tans 8 huise in aanbou (met 4 in die vooruitsig) en verhurings van eenhede in die sorgsentrum neem maandeliks toe. Die leefstyl-landgoed het met sy eerste intrekkers sedert Desember 2014 begin lewe kry en sy inwonertal staan nou op 26! Ek wil met Nuusbrief 2 kortliks ʼn paar sake onder u aan...
Lees meer

Negester Onrusrivier Nuusbrief 1 (2015)

Die nuwe jaar het met ʼn groot gejuig begin en ek wil graag met hierdie geleentheid vir ons kopers ʼn mooi en geseënde jaar toewens! Ons het ʼn baie suksesvolle openingsfunksie op 6 Desember gehad en stadig maar seker word die sorgsentrum se haakplekke (wat maar altyd deel is van ʼn nuwe gebou), uitgestryk en groei die aantal huurders wat hul intrek by ons neem. In hierdie nuusbrief gaan ons kortliks kyk na:          Belastinguitklarings vir deeltitelkompleks (Johan Durr)          Stand van...
Lees meer
Page 1 of 2FirstPrevious[1]2NextLast

Kategorieë

Argief

Registreer vir ons nuusbrief