Negester Klein-Kariba: Nuusbrief 4 (2017)

  • 2018-02-05 3:54:00 nm.
  • Lees Telling 66
2017 se uurglas is besig om baie vinnig leeg te loop. Ek weet nie of dit die ouderdom of aardbesoedeling (tong in die kies) is nie, maar om die een of ander rede voel dit vir my hoe ouer ‘n mens word hoe korter word die jare. Ons het die jaar met 42 voltooide huise begin en ons gaan na alle waarskynlikheid 88 voltooide huise met die aanbreek van die bouervakansie hê. Met 41 huise in aanbou en 37 projekte in die pyplyn, verwag ons dat die Negester-gemeenskap in 2018 weer kan verdubbel.
Lees meer

Negester Klein-Kariba: Nuusbrief 3 (2017)

  • 2018-02-05 3:38:00 nm.
  • Lees Telling 36
Die vroeë somerreën het mildelik by ons geval; ons is verheug daaroor – mag dit ʼn aanduiding wees van nóg goeie reën wat gaan kom! Lente bring weer ʼn huppel in die stap. Die veld is vrolik, die voëltjies en diere begin om soggens vroeër te skrop – ons ook.
Lees meer

Negester Klein-Kariba: Nuusbrief 2 (2017)

  • 2017-05-30 12:33:00 nm.
  • Lees Telling 927
Negester Klein-Kariba Aftreelandgoed-huiseienaarsvereniging (HEV) se tweede algemene jaarvergadering (AJV) word op Saterdag 26 Augustus 2017 vanaf 09:00 tot 13:00 by die ATKV-Klein-Kariba Vakansieoord se Gholflapa gehou (verversings word na die verrigtinge aangebied). Alle eienaars wat reeds oordrag geneem het (of hul gevolmagtigde verteenwoordigers) mag hierdie vergadering bywoon. Yolanda van der Walt, die HEV se administratiewe beampte, sal die amptelike kennisgewing, tesame met die 2017/18 HE...
Lees meer

Negester Klein-Kariba: Nuusbrief 1 (2017)

  • 2017-01-31 12:29:00 nm.
  • Lees Telling 604
Met die goeie somerreëns wat die afgelope maand of twee by Negester Klein-Kariba val, dink mens onwillekeurig aan Gé Korsten (op video regs) se lied, “Reën, reën lieflike reën, val in die lande val om ons heen,” en met die reënval, jubel ons harte saam met Gé want heelwat van ons watersorge het (intussen) verdwyn! Maar, die goeie reëns beteken nie ‘krane oop, tuine nat’ nie, ons moet nog steeds verantwoordelik met ons kosbare waterbron te werk gaan. Daar is nog heelwat reën oor ʼn lang perio...
Lees meer

Negester Klein-Kariba: Nuusbrief 4 (2016)

  • 2016-12-13 4:06:00 nm.
  • Lees Telling 1225
2016 was vir die meeste van ons ʼn uitdagende jaar, waar ons op geestelike, emosionele en fisiese gebied getoets was, maar ek lees in Charles Spurgeon se dagstukkie vir 1 Desember, dat ons hemelse Vader nog steeds in beheer is; dat “toets-seisoene” altyd goeie resultate oplewer! Vir die meeste eienaars was hierdie jaar ook ʼn jaar van groot verandering, waar Negester Klein-Kariba nou ook hul nuwe tuiste word, en saam met ʼn groeiende groep inwoners, ʼn eerste Kersfees op Negester vier. Met di...
Lees meer

Negester se annus mirabilis

  • 2016-12-13 4:04:00 nm.
  • Lees Telling 969
Koningin Elizabeth II het in haar Guildhall-toespraak op 24 November 1992, wat haar veertigste herdenking op die Britse troon was, gesê “1992 is nie ʼn jaar waarna ek met totale vergenoegdheid sal terug kyk nie. In die woorde van een van my meer simpatiekgesinde korrespondente, het dié jaar in ʼn ‘annus horribilis’ ontaard”. Wat sou die negentigjarige monarg van ʼn 2016-Suid-Afrika gesê het, gedagtig aan die Springbokke, ons ekonomie, die droogte, die gewelddadige studenteproteste en State o...
Lees meer

Negester se wenvennootskap met die ATKV

  • 2016-11-01 1:02:00 nm.
  • Lees Telling 1121
Bill Gates sê dat Microsoft se sukses eintlik te danke is aan vennootskappe wat hulle reg van die begin af gesmee het. By Negester stem ons hiermee saam. Ons vennootskap met die ATKV het beslis ʼn groot bydrae gelewer om te help dat beide ons Negesterre se liggies helder skyn. ATKV, jou gemoedsrus-ontwikkelingsvennoot Die afgelope drie jaar het ons vennootskap met die ATKV ʼn besliste rol gespeel om te verseker dat Negester op ʼn volhoubare grondslag kon groei en ontwikkel. Vandag is bykans 50...
Lees meer

Negester Klein-Kariba Nuusbrief 3 (2016)

  • 2016-11-01 10:55:00 vm.
  • Lees Telling 1305
Ek verneem dat daar heerlike reëns op Negester Klein-Kariba geval het! Dit is voorwaar wonderlike nuus en ons glo en vertrou dat nóg goeie reëns sal val – wat ʼn positiewe uitwerking op die lae watertafel sal hê en sal help om die nuwe tuine suksesvol te vestig. Dit is ook goed om te sien dat daar nou bykans weekliks nuwe mense hul intrek op die landgoed neem. Ons groeipyne ten spyt, is meeste inwoners opgewonde om deel te wees van die ontluikende Negester-gemeenskappie. Semper Altior! Ons he...
Lees meer

Negester Klein-Kariba Nuusbrief 2 (2016)

  • 2016-11-01 10:49:00 vm.
  • Lees Telling 1139
Die Negester Klein-Kariba-dorpie is vinnig besig om mooi vorm aan te neem met huise wat oral opskiet. Verder is ons mediese sorgsentrum op Woensdae oop vir besoeke. Met ʼn groot gedeelte van die toegangsroete geteer (vanaf die laagwaterbruggie tot by die hoofingang), die ontwikkeling omhein en die ingang en verkeersirkels verfraai, skep die landgoed ʼn prentjie waarop ʼn mens net trots kan op wees! Die hartklop van die landgoed is natuurlik ons inwoners – aan die einde van die maand sal 8 huis...
Lees meer

Negester se bobaas beveiligde behuising bied beste bly- en beleggingswaarde

  • 2016-03-17 1:03:00 nm.
  • Lees Telling 2410
Die meeste van ons is goed bekend met die toonsettings van A. de Waal en E. van Rooyen se “Daar doer in die Bosveld” en F.A. Fagan se “Ek het ʼn huisie by die see”. Nou kan jy jou Bosveld- óf huisie-by-die-see-drome bewaarheid danksy Negester se beveiligde leefstyl-landgoedere vir vyftigplussers. Ons weet ook dat dit jou ekstra gemoedsrus sal gee om te weet die ATKV is Negester se ontwikkelingsvennoot. Negester se leefstyl-landgoedere bied bobaas behuising in die Bosveld en bekoorlike blypl...
Lees meer
Page 1 of 2FirstPrevious[1]2NextLast

Kategorieë

Argief

Registreer vir ons nuusbrief