imgVolhoubare landgoed
imgD.J. Opperman
imgBelegging

“...waar die Suiderkruis witter as die stedeligte in jou siel bly skitter”

Wanneer dit kom by rus en vrede, kan min dinge kers vashou by die Bosveld se oop stiltes. Nou kan jy ook wakker word met ’n kletsende Bospatrys as alarm.

Met Negester Klein-Kariba maak die ATKV jou Bosvelddrome waar. Hierdie volhoubare leefstyl-landgoed, aangrensend tot ATKV-Klein-Kariba Vakansieoord, is perfek vir vyftigplussers op soek na ’n rustiger leefstyl.

Daar kan uit verskillende groottes wonings en ontwerpe, gebaseer op ’n kontemporêre interpretasie van historiese plaasargitektuur, gekies word. Klip uit die omgewing word boustene en die natuurlike inheemse plantegroei dien as voortuin.