Daar is vier basiese groottes voltitel-woningtipes ontwerp, elkeen met ʼn paar opsies binne die bepaalde grootte – met ʼn totaal van elf ontwerpe om van te kies. Die ontwerpstyl vir die geboue is ʼn kontemporêre interpretasie van historiese plaasargitektuur, relevant tot die omgewing en landboukonteks. Die wonings is ontwerp vir lae energieverbruik met ʼn lae eko-impak. Lae-onderhoudmateriale en dienste word beoog, en bouklip word op die terrein gewin vir gebruik inwonings. Erfpryse begin by R426 600 en huisgroottes wissel van ±92 m² tot 225 m². Ingesluit by die prys van die erf is goedgekeurde huisplanne, argiteksfooie en oordragkoste (munisipale indieningsfooie van ±R2 000 uitgesluit).

Die deeltitel-duette se ontwerpstyl, soos by voltitel-huise is ʼn kontemporêre interpretasie van historiese plaasargitektuur. Die deeltitel-duette is boonop gerieflik binne die leefstyl-landgoed geleë. Dis naby die mediese sorgsentrum, hoofingang en beoogde gemeenskapsentrum met sy sportfasiliteite (wat tennisbane, ʼn swembad en rolbalbane insluit) asook ʼn biblioteek en dameskroeg. Boonop is dit bekostigbaar, met pryse van dueteenhede met standaardafwerkings wat begin by R895 000. ʼn Wooneenheid is 77 m2 groot (hierby ingesluit is ʼn stoepie van 9 m2 en motorafdak van 18 m2). 

Klik op die woontipes om die huisplan en argiteksvoorstellings te sien.
 

DEELTITEL-DUETTE

Klik hier om die duet-plan af te laai of te besigtig.