imgbanner1
imgbanner2
imgbanner3
imgbanner4
imgbanner5
imgbanner6

Negester Klein-Kariba beskik oor ‘n goed toegeruste 10-bed mediese sorgsentrum asook verskeie tuisversorgingopsies word aangebied.

Negester Klein-Kariba se HEV het vir Elsorg as mediese diensverskaffer aangestel. Elsorg bied sedert 1997 raakvat en gewaardeerde gemeenskaps-, mediese ondersteunings- en verplegingsdienste aan. Elsorg is ook ’n geregistreerde verplegingsagentskap wat deur een van Suid-Afrika se grootste mediese fondse gekontrakteer word om tuisversorging as ’n noodsaaklike derde komponent in ’n gekoördineerde sorgprogram aan te bied. Dit is Elsorg se visie om holistiese gesondheids- en steundienste aan te bied ten einde te verseker dat daar aan al die verwagtinge van ’n ten volle ontwikkelde persoonlike sorg- en gesondheidsdiens vir die inwoners voldoen kan word.