Verskeie gemeenskaplike fasiliteite word beplan om in die sosiale-, sport-, mediese diens-, veiligheids- en inkopiebehoeftes van inwoners te voorsien. Dit behels ’n gemeenskapsentrum met ʼn saal, eet- en onthaalgeriewe, 'n HEV-gebou, ’n dienssentrum met spreekkamers en 'n apteek, 'n klein winkelsentrum, sportfasiliteite en 'n swembad en sekuriteitsfasiliteite met toegangsbeheer. Aanvullend hiertoe, die aangrensende ATKV Klein-Kariba-oord, met al sy fasiliteite en aktiwiteite, is ook maklik toeganklik vir Negester-inwoners.
Veilige beleggingsgeleentheid
Aantreklike wandelpaadjies en bergfietsroetes in die natuur
Direkte toegang tot die ATKV Klein-Kariba oord
Beplande mediese dienssentrum en sorgeenheid vir verswaktes
Beplande tuisbesoek deur verpleegsuster op aanvraag
Beplande gemeenskapsentrum met sportfasiliteite soos rolbal-, tennis- en jukskeibane en swembad
Beplande kleinhandeldienste (winkels, apteek, wassery, eetplek)
Toegangsbeheer en grensbeveiliging van die ontwikkeling
Gemeenskaplike skoonmaakdienste en algemene onderhoud
Fasiliteite en voordele